Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Liechtenstein |
Koördinate | 47°08′N 9°31′O / 47.133°N 9.517°O |
Stigting | 1322 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 17,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 455 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2015) | 5 429 |
- Bevolkingsdigtheid | 288/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Ewald Ospelt (FBP) |
Amptelike Webwerf | vaduz.li |
Vaduz is die hoofstad van Liechtenstein, die setel van owerhede en die parlement (Landtag) en huisves sedert die jaar 1939 ook die vorstelike hof van Liechtenstein. Vaduz is aan die oostelike Rynoewer aan die voet van die Drie-Susters-bergmassief (Duits: Dreischwesternmassiv) net oos van die grens tot Switserland geleë. Die voormalige boeredorp, wat oorspronklik vir sy eersterangse wyn bekend gestaan het, is vandag 'n besige administratiewe sentrum met 'n uitgebreide banke- en dienstesektor.